Algemene Vrae

Hoeveel is die vervoerkoste per pakkie?

Op enige bestelling onder R500, is daar twee opsies:

  • R45 per pakkie vir gewone poskantoor pakkie.  Dit neem tussen 4 en 12 werksdae en jy moet die pakkie gaan afhaal by jou naaste poskantoor;
  • R70 per pakkie vir koerier.  Die pakkie word dan by jou huis of kantoor afgelewer binne 2 dae nadat dit gestuur is;

Op enige bestelling onder tussen R500 en R999, is die kostes soos volg:

  • Gratis posaflewering tot by jou naaste poskantoor.  Dit neem tussen 4 en 12 werksdae.  
  • R45 per pakkie vir koerier.  Die pakkie word dan by jou huis of kantoor afgelewer binne 2 dae nadat dit gestuur is;

Bestelling bo R1000:

  • Gratis aflewering per koerier tot by jou huis of kantoor binne 2 dae nadat pakkie gestuur is.

Sodra die pakkie versend is, stuur ons aan jou ‘n spoornommer (tracing nommer) sodat jy presies kan weet waar die pakkie is.

Bogenoemde pryse is selgs geldig vir aflewering in Suid Afrika.

Stuur ons pakkies internasionaal?

Ons kan pakkies internastionaal stuur.  Vir 'n kwotasie vir die afleweringskostes, kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hoe lank vat Streepsak om ‘n bestelling reg te kry?

Pakkie behoort binne 8 werksdae gereed te wees.  Indien dit langer as 8 dae neem, sal ons jou in kennis stel.

Hoe betaal ek vir my bestelling?

Betaling geskied deur elektronies oorbetaling (EFT) of bankdeposito na ons bankrekening.  Alle bestelling moet binne 24 uur betaal word, anders word die bestelling outomaties gekanseleer.

Betaling kan ook deur krediet of debietkaart gedoen word.

Het julle ‘n fabriekswinkel?

Ons fabriekswinkel is in Port Elizabeth:  Green Straat 39, Noorde Einde.  

Ons is tye is soos volg:
Maandae tot Donderdae:  07:30 – 16:30;
Vrydae van 07:30 tot 13:30.

Ons is ongelukkig nie Saterdae, Sondae of openbare vakansiedae oop nie.